icon-newsletter
Sign up to read through the Bible in 2026 with women around the world.  WITH GOD'S HELP, I WANT IN

Vars vrugte aan ‘n dooie boom? 

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Is jy regtig daarmee tevrede om ‘n “goeie mens” te wees? Jy probeer ook soos ‘n goeie mens om kerk toe te gaan wanneer jy kan. Soms kul jy bietjie met jou belasting opgawe, maar jy het nog nooit jou eggenoot verkul nie, so eintlik kanseleer die goeie die slegte uit.

Jesus roep my en jou, na iets baie meer intiem en dieper, as om net bekend te staan as ‘n goeie persoon. Hy wil ons verander na iemand wie se karakter soos Syne lyk.

Om goeie dinge te doen, sonder Christus se heerskappy in jou lewe, is amper iets soos om pragtige vars lemoene aan ‘n dooie boom vas te gom. Die lemoene kan goed lyk, maar dit verander nie die toestand van die boom nie. Dit beiindruk God net so min wanneer mens goeie dade wil doen, terwyl jou geesmens dood is. Hy wil ons lewendig, gesond en vervuld maak, sodat ons soos ‘n pragtige lemoen boom vol suikersoet vrugte kan wees.

2 Korintiërs 3:18 “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.”

Spandeer jy genoeg persoonlik intieme tyd saam met God, in Sy Woord en in gebed … sodat Hy jou na Sy beeld kan verander?

 

Seën groete van ROHSA