Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Smelt tien kilogram van jou gewig weg in tien dae!
Onmiddellike gesondheid met die druk van ‘n knoppie!
Ek sal jou in een jaar leer om ‘n wêreldklas-musikant te wees!
Dit klink vir my beslis soos misleidende advertensies, maar ongelukkig is meeste misleiding nie heeltemal so oop en bloot nie. DIs nie altyd maklik om misleiding vinnig raak te sien nie, dis gewoonlik versteek.
“Het God regtig gesê dat jy van geen boom in die tuin mag eet nie?” Satan was die eerste een om die mens te mislei. Hy het geweet Eva sou nie val vir ‘n direkte aanval om God verwerp nie. Dit was ‘n kombinasie van halwe waarhede en leuens vermom as die waarheid, wat haar oortuig het om ongehoorsaam te wees. Satan gebruik steeds vandag presies dieselfde tegniek.
Jesus het die duiwel beskryf deur te sê: “Hy was van die begin af ‘n mense moordenaar, en hy staan nie by die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy ‘n leuen vertel, vertel hy dit uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar en die vader daarvan is.” (Johannes 8:44).
Terwyl jy vandag verskeie boodskappe van oral oor gaan hoor, vra jouself af: “Wat is die werklike boodskap hier? Is dit waar? Word ek mislei deur ‘n denkwyse wat teenstrydig is met die waarheid van God se Woord?”
Seën groete van ROHSA