Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Jy en ek weet albei dat wonderlike sprokiesverhaal-eindes… slegs in sprokies gebeur – ten minste aan hierdie kant van die hemel.
Toe Robert en ek, ons boek “You Can Trust God to Write Your Story” geskryf het, het ons ‘n onderhoud met ‘n vrou gehad. Kom ons noem haar Rachelle.
Sy het verlief geraak, met ‘n man getrou, maar hul huwelik was alles behalwe “vir ewig en altyd gelukkig”. Hy was ‘n beheer vraat, baie humeurig en verslaaf aan die sportkanaal op tv. Sy het haar angs, en die waarheid, vir almal probeer weg steek.
Hulle het op ‘n stadium gegaan vir berading, tog het alles net verder uit mekaar gespat. Hulle huwelik het in ‘n egskeidingshof geëindig. Iets wat sy nie wou hê moes gebeur nie en waarvoor sy hard geveg het om te vermy.
Tog vertrou Rachelle God steeds met haar storie. Sy weet dat die ontberinge van hierdie lewe tydelik is, en dat alles wat sy deur gemaak het, haar voorberei vir die ewigheid saam met Christus, haar hemelse Bruidegom.
Voel jy hopeloos oor jou eie storie? Hou vas aan Hebreërs 12 “laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.”
Seën groete van ROHSA