Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Verlatenheid, verwerping, ontnugtering. Hierdie is baie pynlike ervarings. Maar die Here kan selfs die moeilikste hoofstukke in ons lewens gebruik om ‘n nuwe storie te skryf, een wat vol lewe en hoop is.
Ons sien God se verlossende genade in die Ou Testament, wanneer ons die storie van Rut se lewe lees. Kort nadat sy ‘n weduwee geword het, het sy gekies om by haar skoonma, Naomi, wat ook ‘n weduwee was, te bly.
God het hul verliese gebruik om hulle terug te neem na Bethlehem, waar Rut ‘n man met die naam Boas ontmoet het. Hy het haar en Naomi uit ‘n baie moeilike situasie verlos.
Rut 2:20 “Naomi het vir haar skoondogter gesê: “Mag hy geseën word deur die Here, wat nie nagelaat het om sy verbondstrou aan die lewendes en die dooies te bewys nie.” Naomi het ook vir haar gesê: “Die man is verwant aan ons: Hy is een van ons lossers. ”
Boas was goedhartig teenoor Rut, en het op die ou einde selfs met haar getrou. Naomi is ook hierdeur versorg, en baie geslagte later is Jesus, die ware Verlosser, uit hierdie familielyn gebore.
Wanneer dit lyk of die een tragedie na die ander jou tref, wil ek jou gerus stel. Dit is nie ‘n hopelose situasie nie. Jy kan vertrou dat die God, wat die wonderlikste stories van verlossing skryf, ook in jou storie is.
Seën groete van ROHSA