icon-newsletter

Perfekte toonhoogte

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ons het onlangs ons pragtige klavier weer laat instem, omdat sommige note nie meer noot vas was nie. Selfs net een vals noot bederf mos jou hele musiekstuk.

Terwyl ek geluister het hoe die klavierstemmer elke noot na die korrekte toonhoogte toe aanpas, kon ek het nie verhelp om te dink, hoe God se suiwer waarhede, so maklik deur die wêreld verwerp word nie.
Baie mense stel hulle lewens in, op watter toonhoogte ook al vir hulle reg voél. Maar soos ons dan ook sien en beleef, lei dit eintlik net tot verwarring, misleiding en chaos.

God is net waarheid, en Sy ware karakter vestig die absolute standaard van waarheid vir die hele mensdom. Omdat ons as mensdom geval het, en nie aan daardie gesaghebbende standaard kan voldoen nie, het Jesus as ‘n mens, God se standaard van waarheid vir ons perfek kom uitleef. Ons kan dit vergelyk en sê dat Jesus God se perfekte toonhoogte is.

Enige iets wat nie met Jesus ooreenstem nie, is nie waarheid nie. In Johannes 14 vers 6 antwoord Jesus: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur my nie.”

Wat is a paar van die toonoogtes wat jy hoor terwyl jy deur jou dag stap? Op wie se stem, stem jy jou hart in?

 

Seën groete van ROHSA