icon-newsletter
Sign up to read through the Bible in 2026 with women around the world.  WITH GOD'S HELP, I WANT IN

Oorgegee vir ewig 

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ons is almal daarvan bewus dat Jesus hier op aarde die perfekte voorbeeld van ‘n gewillige slaaf was. Maar dink ons ooit daaraan dat Hy tot in ewigheid daardie status van slaaf en dienaar gaan handhaaf?

In die Lukas evangelie word Jesus se wederkoms baie goed beskryf. Ons lees in hoofstuk 12:36-37 “Julle moet wees soos mense wat vir hulle eienaar wag tot hy van die bruilof af terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop. Gelukkig is die slawe vir wie die eienaar by sy koms wakker sal aantref. Dit verseker Ek julle: Hy sal hulle aan tafel laat sit, self ‘n voorskoot aansit en hulle kom bedien.”

Kan jy jou dit indink? Die Koning van die heelal, gaan self ‘n voorskoot aantrek en sy slawe bedien. Dit slaan my regtig dronk!

Word jy ooit moeg om ander te dien? Miskien is dit vir jou ‘n irritasie en las om agter jou kinders te moet opruim. Of dalk het jy ‘n bejaarde ouer of wederhelf wat die lewe moeilik maak met hardkoppigheid?

Kan ek jou met hierdie gedagte bemoedig: daar is nie ‘n tyd wat jy meer na Jesus aard, as wanneer jy jou regte opgee en die rol van dienskneg aanneem nie!

 

Seën groete van ROHSA