Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Waarom moet ons versigtig wees om nie te sondig nie? Hamer die dominee nie onnodig daarop nie?
Wanneer ons werklik ingestel is om op God se liefde te fokus, sal ons gemotiveerd wees om sonde so ver as moontlik te vermy. Die besonderse liefde wat God vir jou en my het, is wat Jesus na sy kruisdood gelei het.
‘n Uitgesproke skrywer het eens geskryf: “Die mens wat homself kan indink hoeveel pyn, angs, hartseer en verlatenheid Jesus aan daardie kruishout ervaar het, en steeds vasklou aan daardie sondes waarvoor Christus daardie lyding ondergaan het, is sekerlik in ’n ongesonde toestand van siel.”
Jesus het nie daardie verskriklike leiding deurgegaan sodat ons ‘n paspoort hemel toe kry nie. Nie terwyl ek en jy aanhou om ons sondes van woede, jaloesie, seksuele begeertes en trots te geniet nie. Jesus se dood gee aan ons die motivering en krag om “nee” te sê vir die versoeking van sonde, en “ja” vir die strewe na reinheid in elke area van ons lewens.
2 Korintiërs 5:14 “Die liefde van Christus dryf ons… Hy het ter wille van almal gesterf, sodat dié wat leef, nie meer vir hulle self sal leef nie, maar vir Hom wat ter wille van hulle gesterf het en opgewek is.”
Wanneer jy vandag wel versoek word, stop vir die oomblik en fokus jou hart daar en dan op die kruis van Jesus jou verlosser.
Seën groete van ROHSA