Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ons lees in die boek Hooglied van ‘n koning wat besluit om vir hom ‘n bruid te soek. Wanneer Hy haar opspoor sê hy in Hooglied 2:10 “Staan op, my liefling, my mooiste, en kom!”
Tot almal se verbasing is die bruid wat Hy kies nie ‘n ryk en geleerde stadsmeisie nie. Nee, hy het sy bruid in die platteland gaan soek en ‘n dood gewone meisie as sy bruid gekies. Selfs sy was geskok dat die koning aangetrokke gevoel het tot haar. Haar vel was songebrand en hard, want sy het buite in die son en weer gewerk.
Aan die einde van die verhaal het die lelike eendjie verander in die mooiste stralenende koningin. As gevolg van al die tyd wat sy saam met haar bruidegom spandeer het, het sy van sy karaktertrekke aangeleer.
Presies dieselfde metamorfose vind plaas, wanneer ons intieme tyd met ons hemelse bruidegom spandeer. Wanneer ons tyd in God se Woord en in gebed deurbring, vind ‘n transformasie plaas as gevolg van Christus se liefde.
Kan die Koning van konings jou transformeer a.g.v. die tyd wat jy al saam met Hom spandeer?
Seën groete van ROHSA
Sleutelwoorde: Goddelike karakter, Woord