Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Mense verklaar dikwels: “Niks is vir God onmoontlik nie!” Alhoewel dit 100% waar is, word die frase so lukraak gebruik dat mense eintlik nie meer waarde daaraan heg nie..
Dink aan die mees ingewikkelde en oorweldigende uitdaging wat jy vandag in die gesig staar. Dit kan iets soos jou ontsaglike werksdruk wees? Dit kan die vrees wees wat te min finansies bring? Dalk ‘n moeilike eggenoot of kind?
Sê nou die frase “niks is vir God onmoontlik nie” hard op. Is jy gereed, kom ons sê saam “Niks is vir God onmoontlik nie!” Dit is Bybels! Lukas 1:37 “Nie een belofte van God is leeg van krag nie. Niks is vir God onmoontlik nie!”
Het jy geweet dat deur waarheid soos hierdie te verklaar, jy jou hart oprig om leuens te verdryf? Ons versoeking is óf om te dink dat God nie ons gemors kan hanteer nie, óf dat Hy nie wil nie. Maar nie een van die twee is waar nie. Niks is onmoontlik vir Hom nie en niks te onbenullig vir God nie.
Nooi Hom in jou gemors in. Hy kan dit hanteer. Wees eerlik met God, herhaal die waarheid aan jouself en verwag dan om te sien hoe Hy wonderwerke verrig.
Seën groete van ROHSA