Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ons eet, selfs tot die punt waar jy nie meer lus het nie, maar dan gebeur ‘n snaakse ding die volgende dag. Jy weet mos, mens kan absoluut versadig wees na ete, maar net die volgende dag is jy weer honger!
Ons liggame het elke dag kos nodig. Toe God manna in die woestyn voorsien het, het Hy vir die kinders van Israel gesê: “Ek sal elke keer vir julle kos uit die hemel laat reën. Dan moet die volk elke dag gaan en dié dag se voorraad optel. So sal Ek toets of hulle my opdrag wil nakom of nie.” Eksodus 16:4
Elke persoon moes sy eie manna insamel, en hy kon niks oornag spaar nie, met die uitsondering van die voorbereidings dag voor die Sabbat. Om die manna in te samel was dus ‘n daaglikse taak.
Dit is ‘n goeie vergelykende beeld van ons verhouding met die Woord van God. Net soos ons liggame, benodig ons siele daagliks kos. Ek kan nie die vrou word wat God wil hê ek moet wees, wanneer as ek nie elke dag tyd in Sy Woord deurbring nie. Gister se voeding is nie goed genoeg vir vandag ook nie. Ek het vandag vars kos nodig.
Kan ek maar vra, wanneer laas was jy versadig van God se Woord?
Seën groete van ROHSA
Sleutel woorde: Bybel, Stiltetyd