Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
‘n Paartjie wat ek ken, is baie geliefd. Dit het vir ons almal gelyk het of hulle ‘n sterk gesin is met ‘n diep en ware liefde vir Christus. Maar toe sien ons, iets het in die man se hart gebeur. In werklikheid het hy eintik toe al vir ‘n lang ruk, ‘n buite-egtelike verhouding. ‘n Sonde wat hy vir sy vrou en almal om hom weggesteek het.
Dit was ‘n ontnugtering, maar ook ‘n herinnering dat ons elkeen konstant heiligheid moet nastreef. Wanneer ons in ‘n gewoonte is, om ons daagliks voor God te verootmoedig, sal dit ons keer om in ‘n patroon van sonde te verval wat ons uiteindelik sal vernietig. Wanneer ons eerlik is met God, neem Hy deel aan die gesprek, en help Hy ons in ons swakheid. Om daagliks met die sonde in ons harte af te reken, sal ons beskerm van langdurige sondige gewoontes.
Onthou 1 Tes 5: 23&24 “Ons bid dat God wat vrede gee, julle aan Hom sal wy sodat julle sal doen wat Hy wil hê. Ons bid ook dat wanneer ons Here Jesus Christus kom, julle heeltemal skoon sal wees, julle gees, julle hart en julle liggaam. Dan sal niemand julle kan beskuldig nie. God sal doen wat Hy belowe het, Hy het julle gekies en Hy sal dit doen.”
Laat jy toe dat God elke deel van jou lewe reinig en heilig maak?
Seën groete van ROHSA