Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth
Ek en my man, Robert, is een aand genooi vir aandete by ‘n spoggerige restaurant. Kelners het ons maaltye op borde gebring wat met blink koepels bedek was. Toe die deksels opgelig is, was daar baie “oohs” en “aahs”. Dit was absoluut pragtige voorgesit, die heerlikste geregte.
Wanneer dit by die alledaagse werklike lewe kom, is wat op ons borde onder daardie blink deksels is, dikwels iets is wat ons nie bestel het nie.
Jy dink dalk: “Waarom moet ek ‘n God vertrou, wat my nie gee waarvoor ek so mooi vra nie?” Maar om God te vertrou beteken ook om Sy voorsienigheid te vertrou. Voorsienigheid is die beskermende sorg van God. Wat ons voor ons sien, is ‘n beperkte perspektief. Maar God gaan voor ons uit en maak voorsiening vir alles wat ons in elke omstandigheid nodig sal hê – voordat dit selfs gebeur.
Efesiërs 1:11-12 “In Hom is ons ook as erfgename uitverkies, voorbestem volgens die voorneme van die Een wat alles volgens sy raad en wil laat gebeur, sodat ons, wat van die begin af ons hoop op Christus gevestig het, kan bestaan tot lof van sy heerlikheid.”
Die God wat hierdie wêreld gemaak het, is die Meesterkok wat presies bedien wat ons nodig het. Ons eie “Master Chef”.
Seën groete van ROHSA