icon-newsletter

Konstante skoonmaak

Vra maar vir enige ma wat sy vandag skoongemaak het, en maak jouself reg vir ‘n elle lang lys. Skoonmaak hou net nooit op nie. Dis waar vir ons kombuise en dis waar oor ons harte.

Wanneer jy tyd in gebed en in God se Woord spandeer is jy ook besig met ‘n konstante skoonmaak proses. As kind van God is my posisie in Christus dat ek vir eens en altyd skoongemaak en gereinig is . Maar in my groei en beoefening van my Christenskap is dit wel ‘n heel ander storie. Terwyl ons in hierdie gebroke wêreld bly, kry ons voortdurend ons geestelike hande, voete en klere vuil.

Dit is waarom ek aanbidding, gebed en tyd in God se Woord nodig het. Ek moet soos die Psalm skrywer in hoofstuk 139: 23 & 24 vra: “Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my en ken my onrustige gemoed. Kyk of daar enige sondige neiging by my is, en lei my op die ewige pad.”

Jy kan vandag baie tyd aan stof, krummels en skoonmaak spandeer. Het jy ook vandag vir God gevra om ook jou houding, jou gedagtes, en jou dade rein te maak?

Seëngroete van ROHSA