Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Dankbaarheid maak saak. Min dinge reflekteer jou karakter, as kind van God meer, as ‘n dankbare gees. En omgekeerd, maak niks ‘n mens meer onaantreklik, as die afwesigheid van ‘n dankbare gesindheid nie.
Ek het gevind dat ek in elke moeilike omstandigheid op een van twee maniere kan reageer. Ek kan of kerm, of ek kan God aanbid. Om te kerm is baie makliker, dis natuurlik.
Maar God gebruik aanbidding as ‘n manier vir ons om Hom te sien en vir Hom om ons te sien. Ons kan Hom nie aanbid, sonder om dankie te sien nie.
In 1 Thessalonisense 5 vers 18 lees ons “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God en Christus Jesus, van julle verwag.”
Wanneer ons toegee aan kerm, murmerering en ‘n gekla, beland ons op ‘n vernietigende glybaan wat uiteindelik lei tot bitterheid en gebroke verhoudings. Wat gaan jy vandag kies? Om te kerm, of om ‘n dankbare aanbidder van God te wees?
Seën groete van ROHSA