icon-newsletter

Josef se storie 

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Sukkel jy ook soms om die rede of doel met moeilike omstandighede raak te sien?

Stel jou voor, die vrees en verwarring wat Josef moes ervaar, toe sy eie broers hom as ‘n slaaf verkoop het. Hy was so jonk, net ‘n kind!

Hoe sou Josef ooit toe kon verstaan ​​dat ‘n goeie, wyse, onsigbare God die outeur van sy storie is? Hoe sou Josef weet dat die tragiese gebeure in sy lewe, eintlik sorgvuldig beplande tonele in die drama van verlossing was? ‘n Drama baie groter as sy eie lewe!

Tog, aan die einde van sy lewe, kon hy vir sy broers sê: “Moenie bang wees nie, want is ek in God se plek? Julle het kwaad teen my beplan, maar God het dit vir iets goeds in gedagte gehad, met die doel om te doen wat vandag gebeur – om ‘n groot volk aan die lewe te hou.” (Genesis 50:20) Verstommend!

Miskien sukkel jy nou om verder as jou huidige pyn en teleurstelling te sien. Vriendin, hou moed! Die moeilikste dele van jou storie is nie betekenisloos nie. Dit is so bedoel – God se doel! Hy sal altyd met jou wees, net soos Hy met Josef was. Jy kan God regtig vertrou om jou storie te skryf.

 

Seën groete van ROHSA