Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ek weet dat ek veronderstel is om te vergewe en te vergeet. God het my gehelp om te vergewe—maar vergeet? Dis ‘n ander storie wanneer iemand jou regtig seergemaak het.
God vra van ons om ander te vergewe soos Hy ons vergewe het. Eintlik is dit meer as net mooi vra, Hy kan ons nie vergewe wanneer ons kies om nie iemand anders te vergewe nie.
God is alwetend, daarom Hy kan niks vergeet nie. Maar wanneer Hy vergewe, belowe Hy om nooit weer ons sondes teen ons te hou nie, en ons word geroep om dieselfde te doen.
Vergifnis beteken nie noodwendig dat ons elke pynlike herinnering vergeet nie, maar dit kan eintlik net goed wees as ons wel daarvan vergeet. Daardie herinneringe kan ons help om medelyde teenoor ander te hê wat ook erens seer gekry het.
Daar mag dalk baie seer in jou verlede wees. Maar as jy Hom toelaat, kan God daardie herinneringe tot Sy eer gebruik. Jy kan dalk selfs daardie einste ervarings gebruik om iemand anders te help wat gewond is.
Seën groete van ROHSA
Sleutelwoorde: Vergifnis & Bitterheid