icon-newsletter
Sign up to read through the Bible in 2026 with women around the world.  WITH GOD'S HELP, I WANT IN

God se liefdesbrief 

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ek was ‘n tiener toe my pa my geleer het om te kan spoedlees. Dis mos ‘n tegniek om vinniger te kan lees. Maar my pa het my ook geleer dat daar twee dinge is wat jy nie spoedlees nie – liefdesbriewe en God se Woord. Ek is seker dat jy met my sal saamstem dat mens nie ‘n liefdesbrief spoedlees nie. Jy lees dit baie noukeurig deur, oor en oor om uit te vind en seker te maak wat die ander persoon werklik vir jou probeer sê.

Die Bybel is God se liefdesbrief aan ons. Hoe meer aandagtig ons dit lees, hoe meer sal ons agterkom hoe God werklik oor jou en my voel. Hoe Sy hart vir ons klop en Hy na ons liefde smag!

Indien jy in die gewoonte gekom het om jou persoonlike stiltetyd van Bybel lees af te rammel, wil jy dit nie oorweeg om ‘n beter manier vir jouself aan te leer nie? Staan stil nadat jy ‘n vers gelees het, dink mooi oor die dinge wat jy lees. Bly dink daaroor dwars deur die dag, sodat dit deel van jou word.

Dit is wat God vir Joshua gesê het om te doen. Hy het in Joshua 1:8 gesê: “ Jy moet aanhou om te lees wat in hierdie wetboek staan, jy moet elke dag en elke nag daaroor dink, dan sal jy seker maak dat jy alles doen wat daarin geskryf is. Jy sal kan doen wat jy moet doen en jy sal slaag.

Ek hoop jy gaan met nuwe oë God se liefdesbrief aan jou, lees en geniet.

 

Seën groete van ROHSA