Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Wat maak jou werklik gelukkig?
‘n Geskenk, enige iets wat mooi toegedraai is.
‘n Maand waar ons al die rekeninge kan betaal.
Sonskyn en sjokolade!
Die heel eerste preek wat Jesus ooit gepreek het, was oor hoe om ware vreugde te ervaar, hoe om gelukkig en geseënd te wees. Mattheüs 5:3 “Gelukkig is die armes van gees, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele..”
Ons dink gewoonlik nie aan armoede as ‘n seëning nie, maar Jesus het ‘n radikaal anders denkwyse en waardestelsel aan ons bekend gestel.
As jy na die oorspronklike Griekse vertaling kyk, sien jy dat toe Jesus die woord “arm” gebruik het, Hy in werklikheid van ‘n bedelaar gepraat. Van iemand wat heeltemal behoeftig was, iemand wat afhanklik was van ander se liefdadigheid, ‘n armlastige of bedelaar. Jesus het dus eintlik gesê: “Geseënd is die geestelike bedelaars” – soos die 1983 vertaling sê “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is”..
Wil jy geseënd wees? Erken jou desperate nood aan God. Gaan na God as ‘n geestelike bedelaar, en Hy sal die rykdom van Sy koninkryk oor jou uitstort.
Seën groete van ROHSA