Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Baie mense neem hulle self voor om ernstig die Bybel te begin lees. Dan kies hulle elke dag ‘n stukkie, enige plek in die Bybel, maar meestal hang dit van hulle bui of gemoedstoestand af. Net deur dit so te hoor, besef mens dit kan nie eintlik volhoubaar werk nie.
Uit ervaring kan ek vir jou verseker dat dit baie makliker is om ‘n betekenisvolle stiltetyd te hê wanneer jy ‘n plan het om te volg.
Wanneer jy tyd alleen saam met God wil deurbring, is hier ‘n paar idees om jou te help om te begin.
Spandeer tyd om God net te aanbid en te dank vir die klein dingetjies..
Bely dan enige sonde wat Hy in jou gedagtes na vore bring.
Vra Hom ook om jou enigiets te wys wat jou van Hom af weghou.
Dan, voordat jy ‘n hoofstuk uit die Bybel lees, vra God om jou hart stil te maak, jou ore oop te maak en deur Sy Woord met jou te praat.
Hier is ‘n gebed uit Psalm 119 wat ek dikwels bid voordat ek God se Woord lees: “17 Wees goed vir u dienskneg, dan kan ek lewe en u woord nakom.
18 Maak oop my oë, sodat ek die wonders uit u wet kan raaksien… Vers 34 Gee my insig, sodat ek by u wet kan hou, dit met my hele hart kan nakom.”
As jy God deur Sy Woord wil ken, belowe ek jou dat Hy jou sal help.
Seën groete van ROHSA