Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth
Om God te vertrou om jou storie te skryf, is moeilik wanneer al wat jy voor jou kan sien, ‘n dowwe of donker duisternis is.
In die Bybel is ‘n jong Joodse vrou met die naam Hadassa gedwing om met ‘n mags behepte koning te trou, wat berug was vir sy humeur en drank partytjies. Haar naam is ook verander van Hadassa na Ester. Op ‘n stadium het hy ‘n dwase bevel uitgevaardig wat Ester se eie volk moes uitwis. Sy kon nie in erger omstandighede gewees het nie!
Maar te midde van die doodse duisternis was God steeds in beheer. Jy sien, dis omdat die Hemel regeer! God het Ester se skynbaar hopelose omstandighede gebruik deur Sy plan uit te voer om Sy mense te verlos.
Ons lees in hoofstuk 8, verse 14 en16 hoe God dinge omgedraai het: “14 Die boodskappers op die perde uit die koninklike stalle het toe baie haastig vertrek ooreenkomstig die koninklike bevel. 16 Vir die Jode was daar weer lig en vreugde en blydskap en ‘n gevoel van eiewaarde.”
Dit maak nie nou saak hoe donker jou omstandighede is nie, jy kan een ding weet: Niks wat met jou gebeur – maak nie saak hoe rof of pynlik dit voel nie – dis nie ‘n verrassing vir God nie. Dis jou God, die een wat jou steeds absoluut lief het! Jy kan Hom regtig vertrou om jou storie te skryf, watter situasie jy ook al vandag in die gesig staar.
Seën groete van ROHSA