icon-newsletter
Sign up to read through the Bible in 2026 with women around the world.  WITH GOD'S HELP, I WANT IN

Enkel lopendes se gawe 

 

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Is jy ‘n enkellopende met hierdie gedagte: “Ek weet dat God my seën met ontsettend baie, ek waardeer elke detail van dit wat Hy my gee…. maar tog, as daar een ding in hierdie lewe is wat ek bitter graag sal wil hê, is dit my eie man. Dit lyk vir my of God my huweliksmaat van my af weg hou.”

Die apostel Paulus praat met enkellopendes in 1 Korintiërs 7:7 en sê: “Maar elkeen het van God sy besondere gawe ontvang.” Met ander woorde, die huwelik is ‘n gawe wat tot God se eer gebruik kan word, en so ook om enkel lopend en ongetroud te wees.

Jy sien, geluk word nie in of buite die huwelik gevind nie. Trouens, dit word nie in enige menslike verhouding gevind nie. Ware vreugde kan slegs in Christus gevind word.

God het belowe om vir ons alles te gee wat ons nodig het. As Hy weet ‘n man sal dit vir jou moontlik maak om Hom groter eer te bring, dan sal Hy ‘n man voorsien. Ware tevredenheid kom wanneer ons kies om rustig en tevrede te wees in dit wat God wel vir my en jou persoonlik voorsien.

 

Seën groete van ROHSA

Sleutelwoorde: Enkellopend, Verhoudings