icon-newsletter

Elkeen van ons het ‘n “huis”

Spreuke 14:1 “‘n Wyse vrou sorg vir haar huis; ‘n vrou sonder wysheid breek alles af.” Jy dink dalk vir een of ander rede dat hierdie skrifgedeelte nie op jou van toepassing is nie, dalk dink jy so omdat jy fisies in ‘n kleinerige woonstel woon.

Geestelik gesproke, het elkeen van ons een of ander tipe “huis”. Jou huis mag jou huisgesin wees, of jou buurt, jou werkplek, jou skool of jou kerk. In al hierdie omgewings het ons ‘n invloed en kan ons mense om ons opbou en seën.

Ene John Angell James het dit goed gestel toe hy gesê het: “ ’n Gemeenskap sal waarskynlik nie omvergewerp word waar ’n vrou haar roeping vervul nie. Want deur die mag van haar edele hart oor die harte van ander, sal sy dit uit sy puinhope oplig.”

Vra God om jou daarvan te weerhou om diegene rondom jou af te breek en jou te help om hulle op te bou, deur jou voorbeeld en jou woorde.

Seëngroete van ROHSA