Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Wat is die elemente van ‘n goeie storie? Wel, eerstens is daar ‘n protagonis, dis die hoofkarakter. Dan is daar ‘n antagonis, dis daardie slegte ou in die storie… en dan is daar laastens konflik nodig, die botsing van opinies. Dit hou ons gefokus en lei tot die klimaks, die hoogtepunt van die storie.
God se storie, bevat al hierdie elemente. Hy is die protagonis, die held.
Só begin die storie. In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die antagonis is satan. Hy het ‘n vraag gevra: “Het God regtig gesê dat julle nie van elke boom in die tuin mag eet nie?” Net daar begin die konflik wat nou al vir duisende jare lank aanhou.
Dan tree die hoofkarakter weer na vore… God word mens. Hy sterf in ons plek vir ons sonde, en dan word Hy opgewek. Binnekort gaan Hy weer terugkom, vir Sy bruid.
Dit is die mees boeiende, lewensveranderende verhaal van hoop, wat ooit geskryf is. Dit behoort jou vandag hoop te gee vir jou eie storie.
Ken jy die Bruilofslied vir die Messias? Psalm 45 – dit is pragtig! Gaan lees dit gerus.
Seën groete van ROHSA