icon-newsletter
Sign up to read through the Bible in 2026 with women around the world.  WITH GOD'S HELP, I WANT IN

Die prysetiket 

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Wanneer jy in die winkels is, en jou oog daardie mooi bloes raaksien, wat is die eerste ding wat jy doen nadat jy daardie hanger van die reëling afgehaal het? Jy soek outomaties die prysetiket om te sien wat daardie bloesie kos.

Sê nou net verleiding het op dieselfde prinsiep of beginsel gewerk? Dan sou jy mos van die begin af geweet het wat die prys is wat jy daarvoor gaan betaal…

Dink net, as daardie verbode vrug vrot en vol wurms was, sou Eva dan steeds haar hand daarvoor uitgesteek het? Genesis 3:6 “Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet.”
Sy het op die ingewing van die oomblik toegegee aan die versoeking, sonder om die koste te bereken.

Jy gaan vandag baie besluite moet neem, groot en klein. Vra God om jou onderskeidingsvermoë te gee, sodat Hy jou kan help om die prys van sonde te besef.

Jakobus 4:7 Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug. Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom.

 

Seën groete van ROHSA