icon-newsletter

Die DeMoss-Wolgemuth storie 

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth

Was daar al “onverwase hoofstukke” in die storie van jou lewe? Terwyl Robert en ek gaan sit het om die boek “You Can Trust God to Write Your Story” te skryf, was ons eie “onverwagse hoofstuk” nog vars in ons geheue.

Na sewe-en-vyftig jaar van enkellopende vrou wees, het God in 2015 vir my, uiters onverwags, die geskenk van ‘n huwelik kom gee. Een met Robert Wolgemuth, of soos ek hom liefdevol noem, “My Liewe Man”.

God het ons paaie met baie grasie en genade kom saam vleg. Terwyl ons elkeen afsonderlik besig was om deur die kronkels en draaie van die lewe, God se liefdevolle hand vas te hou.

God was tot dusver getrou aan ons in elke hoofstuk van ons lewens. Hy is die grootste Outeur! Alhoewel die storielyn ons mag verras, verras dit Hom nooit nie. Hy het reeds die genade voorsien wat ons nodig het vir elke kinkel en draai.

Psalm 139:16 sê: “U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! ”

En jy? Vertrou jy God om jou storie te skryf? Dit sal nie soos Robert en myne lyk nie, maar dit sal die wonderlikste en beste storie vir jou wees.

 

Seën groete van ROHSA