Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Toe die Romero’s familie vir Sally as ‘n troeteldier gekry het, was sy net so lank soos ‘n liniaal. Agt jaar later het Sally tot drie en ‘n half meter gegroei en meer as ses en dertig kilogram geweeg. Sally, die troeteldier, was ‘n Burmese luislang. Op 20 Julie 1993 het sy die vyftienjarige Derek verwurg totdat hy versmoor het. Die skugter slangetjie wat so onskadelik gelyk het, het nou ontaard in ‘n volwasse roof dier.
Dit herinner my aan sonde. Die versoeking lyk aanvanklik so onskadelik. Dit mag dalk met ons speel en ons vermaak. Maar die aard daarvan verander nooit nie.
Jakobus 1:15 sê vir ons “Elkeen word versoek wanneer hy deur sy eie begeerte meegevoer en verlei word. Dan, wanneer die begeerte bevrug is, gee dit geboorte aan die sonde, en wanneer die sonde volgroei is, gee dit geboorte aan die dood.”
Het jy ‘n soortgelyke troetel sonde in jou lewe? Die beste manier om jouself te beskerm, is om dit aan God te bely en daarvan weg te kom. Onthou: Sonde sal altyd opstaan en diegene verslind wat met dit wil vriende wees, dis die aard van sonde!
Seën groete van ROHSA