icon-newsletter

Betty Stam

“Here, ek gee my lewe volkome aan U, al my doelwitte en planne. . .” Daardie was die woorde van Betty Stam, ‘n jong sendeling van die vroeë 1900’s wat gou daarna gedwing is om te bewys dat sy dit regtig bedoel het.

“Here, ek gee my doelwitte en planne op, al my begeertes en hoop en ambisies, en aanvaar U wil vir my lewe.” Nege jaar nadat sy hierdie gebed geskryf het, is Betty, saam met haar man, deur Chinese kommuniste gemartel.

Betty wat gebid het: “Laat U absolute  wil vir my lewe uitwerk— tot elke prys.”

Net soos daar in Hebreërs 10:36 staan “Julle moet tot elke prys vasbyt. As julle so aanhou om te doen wat God wil hê, sal Hy sorg dat julle kry wat Hy vir julle beloof het.“ Die1983 vertaling “Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het. “

Jy word dalk nie deur God geroep om Hom presies soos Betty te dien nie, maar ons is almal geroep om ons eie planne prys te gee en God se wil te omhels. God vra jou dalk om getrou te wees aan ‘n man wat moeilik is om lief te hê, of om jou kinders tuis te onderrig, of om ‘n ander jong vrou te mentor. Wat dit ook al is, sou jy God se planne aanvaar—soos Betty Stam gedoen het? Soos Betty gebid het: “Ek gee myself heeltemal aan U om vir altyd U sin te wees.”

Seëngroete van ROHSA