Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Wanneer ons dink aan diegene wat ons met wrede woorde beledig of verkleineer het, is dit gewoonlik vir meeste van ons ‘n natuurlike reaksie om in woede te reageer. Of is jy iemand wat heeltemal onttrek van die lewe, wat wegkruip in jouself?
Koning Dawid het vir ons ‘n voorbeeld gestel van hoe mens op ‘n bonatuurlike manier kan reageer. In 2 Samuel lees ons van ‘n tyd toe iemand aanhoudend beledigings en vloeke na koning Dawid se kant toe geskree het. As koning kon hy die man laat boet het met sy lewe, maar koning Dawid se reaksie het getoon dat hy absolute vertroue in God se soewereiniteit het.
Kom ek wys julle hoe lees dit in engels: “Leave him alone, and let him curse. . . . It may be that the LORD will look on the wrong done to me, and that the LORD will repay me with good for his cursing today” 2 Samuel 16:12
Indien iemand se skel woorde en beledigings in jou gedagtes spook, vra God om jou ‘n persoonlike openbaring van Sy soewereiniteit te gee. Hy kan jou help om volkome te genees deur Sy krag.
Seën groete van ROHSA