icon-newsletter

Bel 9-1-1 

Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Stel jou voor: Jou is in ‘n krisis situasie, jy is vasgekeer. Jy kry dit reg om die nooddienste te bel maar die saak vererger. Nadat jy uiteindelik deurkom, sê die persoon aan die ander kant, hulle kan jou nie help nie, want daar is nie nou ‘n voertuig beskikbaar nie. Menige van ons in S.A. het dit al beleef.

Maak dit nou nog meer persoonlik, besef jy dat ons soms optree, asof dit is hoe God ons behandel. Het jy jouself al in ‘n nood situasie bevind, en dan gewonder of God werklik omgee, of Hy jou wel gaan probeer help?

Wanneer ons na die Skrif kyk, vind ons soveel getuienis van God wat tot die redding van Sy geliefdes kom. In Eksodus het die Here in die vorm van ‘n groot wolk gekom om die mense van Israel na veiligheid te lei. Jesus het uit die volmaaktheid van die hemel gekom om die verlorenes te soek en te red. Die Heilige Gees het gekom om gelowiges te beskerm en die lig op hulle pad te wees. Trouens ons lees in Jesaja 59:19 “Wanneer die teëstander aanstorm soos ‘n rivier, jaag die Gees van die Here hom op loop. Die Here kom na Sion toe as Verlosser, na dié toe in Jakob wat hulle van hulle sonde bekeer. So sê die Here.”

God is die grootste held en reddings werker, Jesus is ons Redder. Hy weet presies wanneer en wat Sy kinders nodig het.

 

Seën groete van ROHSA